Werksoekers en  Werkgewers
Terug na die gemeente se webblad
Finansiële nood word deur die Diakonie gesien as ‘n persoon of gesin wat nood ervaar weens verkies aan werk en inkomste wat dringend aangespreek moet word. Dit word egter op drie maniere aangespreek: 1. Onmiddelike verligting van nood - kos, klere en basiese noodsaaklike uitgawes word gedek. Dit is ‘n tydelike oplossing. 2. Voorkoming van verdere nood - hulp word verleen deur bv te help met studies en opleiding asook beroepsleiding. 3. Die oplossing van die noodsituasie  -  hulp word verleen bv met die verkryging van betrekkings sodat die persoon  weer ‘n inkomste kan verdien om uit die situasie uit te kom. Ons bied ook hulp aan met die volgende: Voorbereiding van CV’s Voorbereiding vir werksonderhoude Hulp en advies met KBMA (CCMA) sake Hulp met bedryfsleiding en beroepsvoorligting. Kontak die Diakonie direk indien jy hulp met bogenoemde nodig het. Daar is ook ‘n forum geskep vir werksoekendes en werkgewers in die gemeente om met mekaar in verbinding te kom, om sodoende die nood wat weens werkloosheid kan onstaan, te help verlig.  Dit word in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Weknet webtuiste gedoen, deur van hulle instrumente te gebruik om een van die volgende te kan doen: 1. Na te slaan watter poste beskikbaar is in die werksomgewing 2. Jou CV te kan elektronies oplaai 3. Vakante poste in jou maatskappy te adverteer 4. As werkgewer die CV’s wat opgelaai is te kan besigtig Klik op die WERKNET skakel as jy enige van bogenoemde wil doen